Uit " Joernaal van Jorik " deyr D.J. OPPERMAN [boodskap #100354] |
Sun, 21 November 2004 14:56 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Uit "Joernaal van Jorik"
Sien dan voor Tafelberg en Duiwelspiek
hoe klein die bruin beeld Jan van Riebeeck
tussen 'n mallemeul se meganiek
en rooi skoorstene van die hawe steek.
'O Fort, Kasteel, vyfpuntige gebou,
straalsteen in die suidelike donker,
strale van Oranje, Buren en Nassau,
Leerdam, Katzenellenbogen - flonker
oor die brokkige hoogland wat wyd
tussen see en see en oop hemele strek,
altyd 'n gidsster in die groot stryd
van binnelande in Sy naam ontdek...'
|
|
|